Ek is 'n voltydse fotograaf in Thabazimbi, met 'n studio. Ek doen troufotos sowel as familie en pensie tot mensies om maar 'n paar te noem.

 

Ons is 2 fotograwe, waarvan my man my assisteer. Ek is al 6jaar in die beroep en het verskeie "workshops" gedoen saam met Pixel Pro Photography. My kamera toerusting wat ek gebruik is 'n Canon 6D met 'n 24-105mm lens, my asssitent neem met 'n Canon 650D met verskeie lense. Soms indien nodig sal ek ook my Studio ligte saambring vir ekstra beligting tydens die onthaal.

 

Ek het ook 'n dame in die kantoor wat al die "editing en prosesering" van die fotos hanteer. Ons gebruik Photoshop CS6 en elke foto wat ons aan u teruggee word noukeurig uitgekies en verwerk, wat min of meer 6-8weke sal neem voordat u dit sal terugkry.

 

Indien jul besluit om my as jul fotograaf te bespreek sal ek dan die nodige dokumentasie vir jul aanstuur soos die kwotasie en die kontrak. Ons reël dan die eerste ontmoeting en bespreek als wat nodig is.

 

Ek is ‘n trotse, goeie fotograaf en neem elke troue se foto’s persoonlik op, want dit is my naam en werk wat op die spel is.

 

Indien jul meer van jul van my werk wil sien kan jul gerus op my facebookblad gaan kyk.

 

 

 

 

© 2016 l Mari Engelbrecht Photography. Alle regte voorbehou. Ontwerp en uitleg deur Studio Etnisch.